Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.
Markus 1:15Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.
Romeine 3:23Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.
Romeine 6:23Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Romeine 5:8Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Efesiƫrs 2:8-9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.
Romeine 10:9-10Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
2 Korintiƫrs 5:17